Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/15/2015

Groenboontjie-, aartappel- en- spanspek-slaai met pekanneute

’n Innoverende kombinasie vir ’n slaai. Bedien dit net so of saam met dun gesnyde gerookte ham of prosciutto, of gebraaide beesvleis of hoender.

Voorbereidingstyd: 20 minute
Kooktyd: 20 minute – vir die groenboontjies en aartappels
Bedien: 8 persone

250 g jong groenboontjies, gekook en afgespoel in yswater
250 mℓ water
2,5 mℓ sout
8 aartappels, gekook, geskil en in skywe gesny
1 spanspek, in balletjies of blokkies gesny
60 mℓ pekanneute, gebraai in ’n bietjie olie – jy kan ook okkerneute gebruik

Slaaisous:
60 mℓ olyfolie
45 mℓ appelasyn
5 mℓ mosterd
5 mℓ suiker

Sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas die boontjies, aartappels, spanspek en helfte van die neute in ’n mengbak. Meng dit met die slaaisous en pas die geurmiddels aan. Gooi oor in ’n slaaibak, strooi die res van die neute oor, bedek met kleefplastiek en hou in die yskas tot etenstyd.


Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows).

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment