Lees die gedeelte oor hoe om perskes te skil. Hou jou geskilde perskes in yswater, terwyl jy die stroop maak.
Meng 250 mℓ suiker en 250 mℓ water in ’n souspan. Verhit dit stadig terwyl jy aanhoudend roer. Roer tot die suiker opgelos is.
Kook nou die perskes in hierdie stroop vir 15 minute.
Lig die perskes uit die stroop met ’n gaatjieslepel en plaas op die bord waarop jy hulle gaan bedien.
Gooi 125 mℓ brandewyn by die stroop en kook verder vir 5 minute.
Gooi die stroop oor die perskes en laat dit afkoel.
Hou dit ’n klein tydjie in die yskas voor jy dit bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment