Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/24/2016

Garnaal frittata / Frittata di gamberetti

200 g garnale
15 mℓ botter
5 eiers
45 mℓ olie
Varsgemaalde swartpeper
Sout
Fyngekapte pietersielie

Kook jou garnale in ’n klein bietjie soutwater vir 10 minute – jy moet hulle basies gaar stoom. (lees meer oor garnale gaarmaak).
Dreineer die garnale en laat afkoel.

Smelt die botter oor lae hitte en voeg dan die garnale by saam met ’n klein bietjie sout.
Kook dit vir ’n paar minute terwyl jy aanhoudend roer sodat al die garnale met botter bedek is.

Klits jou eiers saam met ’n bietjie sout en peper.

Verhit jou olie in ’n skoon pan tot baie warm en gooi dan die geklitste eiers by. Roer dit dadelik so 4 keer om met ’n vurk. Lig enige gestolde eier liggies weg van die kante sodat die rou eier daar kan inloop.

Sodra die eier na wens is strooi jy die garnale en pietersielie oor en bedien dadelik.

Opsioneel: Strooi ook fyngekapte rissie oor.

Alternatief: Maak ’n omelet hiervan.



(foto Reese Derrenberger)

No comments :

Post a Comment