500 g aartappels
90 g meel
1 eier
1 eiergeel
Sout en peper
90 g botter
180 g gerasperde parmesaan
Kook die aartappels tot gaar.
Trek die skil af terwyl die aartappels nog warm is en maak fyn – een manier is daarom deur ’n sif te druk.
Meng die aartappel met die meel, eier en eiergeel. Geur met sout en peper.
Rol nou balletjies met die aartappeldeeg – jy kan dit ook silindervormig maak. Dit moet omtrent so groot soos ’n okkerneut wees.
Druk die balletjies effens plat.
Gooi dit nou in kokende soutwater en kook vir 20 minute.
Dreineer die gnocchi en bedien met bruinsous en die parmesaan.
Resep: Herbert Joseph
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment