Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/06/2016

Gebraaide wilde voëls / Roasted wild birds

Hierdie resep is geskik vir meeste wilde voëls.

Jy het nodig:

2 jong voëls
2 repe spek
85 g botter
Sout en peper
30 mℓ meelblom
’n aftreksel van pluimveeafval

Vee die binnekant van die geslagte voel uit met ’n klam doek. Moet dit nie was nie.

Plaas ’n blokkie botter gemeng met sout en peper in elke voël.
Bind die voëls vas met tou of garing.

Verhit botter in ’n braaipan en plaas die voëls hierin in ’n 200°-oond met ’n stuk spek oor elkeen. Jy moet mooi dophou wanneer jou voëls gaar is. Die tyd sal afhang van die soort voël. Bedruip hulle gereeld en draai hulle ook om. Hulle moet rondom mooi bruin wees.
Verwyder die spek so 5 minute voor die voëls reg is.
Bedruip die borsvleis goed, strooi die meelblom oor en bedruip weer. Plaas dit terug in die oond vir nog 5 minute.
Verwyder die tou en hou die voëls warm.

Gooi enige vet in die pan af, maar laat enige afsaksels in die pan agterbly.
Strooi ’n klein bietjie meelblom in die pan en meng goed. Kook dit 3 minute en gooi dan die aftreksel by. Bring dit tot kookpunt, skraap die kante van die pan en kook dit vinnig vir 2 minute. Proe en geur met sout en peper indien nodig.

Garneer die voëls met pietersielie of bronkors (rocket) en bedien dit met die sous, gebraaide krummels en aartappelskyfies.

Alternatief: Bedien die voëls met ’n broodsous.

Die foto is van gebraaide kwartels.

No comments :

Post a Comment