Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/25/2020

Suprêmes de volaille / Smaaklike hoenderborsies

Daar is hoenderborsies in die yskas en jy wil nie heelaand voor die stoof staan nie.

Rol die hoenderborsies vinnig in broodmeel en verbruin dit in botter.
Voeg ’n ½ koppie sjerrie (of port) by, ’n blikkie sampioene in dun skywe gesny en 2 eetlepels bouillon (of hoenderaftreksel). Bedek en prut vir 15 minute.

Roer 2 eetlepels room geleidelik by en bedien.

Bedien met rys of saam met brood.

No comments :

Post a Comment