Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/05/2025

Beste Mosselsop / Mussel Chowder

Hierdie is ’n maklike resep wat jou laat terugkom vir nog. Die meeste van die bestanddele kan in jou spens gevind word.

BESTANDDELE
250 g knopiesampioene, in skywe gesny
150 g botter en nog 3 eetlepels botter
1 ui, gekap
1 lourierblaar
2 rissies, fyngekap
’n paar takkies tiemie
2 knoffelhuisies, gerasper
420 g blikkie roomstyl-mielies
3 koppies melk
800 g vars of bevrore mossels
10 mℓ fyngekapte salie
10 mℓ fyngekapte dragon
290 g blikkie room
Sout
Fyngekapte pietersielie vir garnering

STAPPE
Soteer die sampioene in die 150 g botter tot gaar in ’n swaarboom kastrol.

Verwyder uit die kastrol en hou eenkant.
Gebruik dieselfde kastrol en soteer die ui in die oorblywende botter tot deurskynend.

Voeg die knoffel, tiemie, lourierblaar en rissies by en soteer vir 1 minuut.

Voeg die mielies by en kook tot dit begin prut, voeg dan die melk en mossels by.
Bring tot kookpunt, verwyder dan van die hitte en laat afkoel vir 3-5 minute.

Verwyder die mossels, tiemie en lourierblaar uit die kastrol, voeg die gaar sampioene by en maak dit fyn.

Gooi nou die mossels terug en voeg die room, salie en dragon by.
Geur na smaak met sout.
Kook vir 3 minute, of tot dit dik en romerig is.

Garneer die sop met pietersielie en bedien saam met dik snye brood.

No comments :

Post a Comment