Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

O - Glossarium, Woordelys van Kookterme - voedsel en wyn

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
oblaat
Offerbrood wat by die misoffer en die Heilige Kommunie van die Rooms-Katolieke Kerk bedien word. Dit is ook bekend as hostie of misbrood.

oblietjie
’n Baie dun tipe wafel wat deur die Franse Hugenote gemaak is. Hulle het destyds ’n spesiale oblietjiepan of -yster hiervoor gebruik, maar vandag gebruik ons sommer twee braaipanne.
Oblietjie resep

odem
’n Mediterreense aartappelvariëteit. Geskik vir bak of rooster.

oelongtee
Oelongtee is ’n tradisionele halfgefermenteerde Chinese tee (groen tee is glad nie gegis nie en swart tee is volledig gegis). Dit word geklassifiseer as ’n blou-groen tee. Daar word beweer dat dit jou gesondheid bevorder.

oester
’n Eetbare weekdier van die familie Ostreidae met een hol en een plat skulp.

oester-en-spek vleisrolletjies
Lees engelruitertjies.

oesters Rockefeller
’n Amerikaanse resep vir geposjeerde oesters voorgesit in hul skulpe met anys-gegeurde spinasiepuree.
Oesters Rockefeller

oestersampioen
Sampioen met ’n delikate geur. Dit kan rou geëet word.

oestersous
’n Chinese sous gemaak van soja en gekookte oesters.

oeuf [uf]
Frans vir “eier”.

ofennudeln
Ofennudeln is ’n soort soet gebak wat van gisdeeg berei en voor die bakproses in kluitjies gevorm word. Dit word met of sonder ’n vulsel bedien.
Ook genoem einback, wuchteln, buchteln of rohrnudeln.

oie [wha]
Frans vir “gans”.

oignon [whan-jon]
Frans vir “ui”.

oiseau [wha-sou]
Frans vir “voël”.

okkerneut (walnut)
’n Groterige ronde neut.

okra
’n Plant waarvan die vrugte as groente gebruik word. Die suring-agtige blare kan ook geëet word. (abelmos, goudpiesang, wit muskus, woudklawer)
Okra

okroshka
Koue Russiese sop van gekapte vleis, groente en kruie, voorgesit met suurroom.

okshoof
’n Vloeistofmaat van 6 ankers (232 liter) vir bier of wyn.

olie (oil)
Enigeen van 'n groot aantal vethoudende vloeistowwe wat uit plantaardige, dierlike of minerale stowwe verkry word.

olie-en-asynstel
’n Staander op ’n tafel gebruik vir botteltjies olie, asyn en sout en peper.

oliebol (doughnut)
’n Klein koekie in vet gebak. (oliekoek)

oliekoek (doughnut)
’n Klein koekie in vet gebak. (oliebol)

oliemeul
’n Meul gebruik om olie uit plante te pers.

olyf (olive)
Die vrug van ’n boom waarvan olie gemaak word of net so gepiekel word.

olyfolie (olive oil)
Olie verkry uit die pitte en pulp van die olyf.

omelet
Eiers met melk, kaas en ander bestandele geklits en soos ’n pannekoek gebak. (struif)
Omelet resep

omkors (crusted)
In ’n kors omsluit. (inkrusteer)

onderdompel
Om iets in ’n vloestof te plaas sodat dit heeltemal bedek is.

onderstebokoek
Die koek word gemaak deur die beslag oor vrugte te gooi, te bak en dan met die onderkant bo voor te sit.

oneetbaar
Nie eetbaar nie.

ongesuurde brood
Brood gebak sonder ’n rysmiddel.

onlekker
Iets wat nie meer lekker is nie.

onryp
Nog nie heeltemal ryp nie.

ons
’n Eenheid van massa. 16 oz = 1 pint (600 mℓ) = 1 pond (500 g)

onsmaaklik
Smaak nie lekker nie.

ontbeen (been)
Die bene uit vleis te verwyder voor jy dit gaarmaak. Ook gebruik vir die verwydering van grate van ’n vis.

ontblaar
Die blare afstroop van groente.

ontbyt
Eerste maaltyd van die dag.

ontbytspek
Lees spekvleis.

ontbytstafie
’n Saamgeperste stafie van Graan en droëvrugte en/of neute in gestolde stroop, sjokolade of jogurt wat in die plek van ontbyt of tussen maaltye geëet word.

ontdooi (thaw)
Iets weer vloeibaar maak nadat dit gevries was.

ontglans (deglaze)
Om pansappe in ’n pan of kastrol te verdun deur wyn, aftreksel of room by te voeg.

onthaal
’n Groot formele partytjie om iets te vier.

onthard
Die verwydering van soute wat ketelsteenvorming veroorsaak.

ontkors
Die kors van iets verwyder.

ontkurk
Die kurk uit ’n bottel verwyder.

ontpit (pit)
Die pitte verwyder.

ontromer
’n Toestel om room van melk af te skei. Dit is beter bekend as ’n roomafskeier.

ontsout
Die sout uittrek.

ontsouting
Die verwydering van sout.

ontstingelaar (stemmer)
’n Druiwemeul waarmee die stingels van die mos en doppe geskei word. (égrappoir)

ontvleis
Die vleis verwyder.

ontvries
Ontvries kos wat bevrore was.

ontwater (dehydrate)
Vog verwyder uit voedsel.

ontwaterde
Wat ontwater is.

onversoet (unsweetened)
Sonder bygevoegde suiker of ander soetmaakmiddel.

oond
’n Afgeslote ruimte wat verhit kan word om kos gaar te maak.

oondbos
Enigeen van verskeie struike waarvan die takke as brandhout in bakoonde gebruik word. (bakbos, windmakerbos)

oondbraai
Om kos oop in die oond onder die rooster gaar te maak.

oondhaak
’n Haak wat gebruik word om kole en as uit ’n oond te krap.

oondklaar (oven-ready)
Kos wat reeds voorberei is en net gaargemaak moet word.

oondskop
’n Skop wat gebruik word om plate by ’n oond in te stoot en uit te haal.

oondskottel
’n Vuurvaste skottel waarin voedsel in ’n oond gebak en opgedien word.

oondvas (ovenproof)
Iets wat bestand is teen hitte in ’n oond.

oopbroodjie
’n Brood met ’n kombinasie van voedsel daarop, sonder ’n tweede stuk bo-op.

oopmaker
’n Toestel waarmee iets oopgemaak word.

oopplankombuis
’n Kombuis waarvan ten minste eenkant nie ’n muur het nie.

oopvlek
Oopmaak deur te sny.

oopvlek (spatchcock)
’n Metode om ’n heel hoender voor te berei vir gaarmaak. Sny die ruggraat uit vanaf die nek tot by die stuitjie sodat die hoender platgedruk kan word. Dit word dan na verwys as ’n plathoender. Die hoender word so vinniger gaar en dit is makliker om die binne- en buitekant van die hoender te geur.

oor
Die gehoororgaan van ’n dier.

oorbak
Te lank bak.

ooreet
Te veel eet.

oorgewig
Meer as die gewenste gewig.

oorkook
Oor die rand kook.

oorryp
Te ryp.

oorskiet
Kos wat oorbly na die maal.

oorskietsel
Lees oorskiet.

oorskink
In iets anders skink.

oorsoet
Te soet.

oorsuiker
Weer versoet.

oorvoupasteitjie (turnover)
’n Klein Amerikaanse pasteitjie met ’n vleisvulsel.

Oosterse slaai
’n Vrugteslaai met sitrusvrugte, lietsjies, lemoensap en gemmer.

opdien
Na die tafel bring.

opdis
Op die tafel sit.

opdrink
Drink tot daar nie meer oor is nie.

opeet
Eet tot daar nie meer oor is nie.

opkikker
Iets wat jou eter laat voel.

opklop
Laat styf word deur te klop.

opknappertjie
Drankie wat jou laat beter voel.

opkook
In kookwater gaarmaak.

oplepel
Met ’n lepel opskep.

opmaak (truss)
Om die vlerke en pote van pluimvee vas te bind voor dit gaargemaak word.

opskep
Met ’n lepel in ’n bord skep.

opskud
Wanneer jy voedsel verbruin met vet in ’n pan. Wanneer die voedsel ter sprake dik is, soos byvoorbeeld met hoender, dan moet die pan na die verbruining bedek word. Wanneer die pan of pot bedek is word dit van tyd tot tyd wild geskud om te verseker dat alles eweredig aan alle kante kook. Die vloeistof wat oorbly na die kookproses word gewoonlik gebruik as ’n sous. Die woord beteken “spring” en verwys na die manier wat die kos beweeg as jy die pan skud. Die Franse woord is sauté.

opspuit
Op iets spuit.

opsny
In stukke verdeel met ’n mes.

opstopsel
Waarmee iets opgestop word.

oregano
’n Kruid wat gebruik word om geregte te geur. (wildemarjolein, origanum)

orgaan
Deel van ’n lewende dier wat ’n funksie verrig.

origanum
’n Kruid wat gebruik word om geregte te geur. (wildemarjolein, oregano)

orleaan
Orleaan is ’n voedselkleursel wat uit die waslagie van die saad van die orleaanboom verkry word. Dit word onder andere gebruik vir die rooi skil van sekere kase en vir die kleur gedroogde, gepekelde of gerookte vis, soos skelvis. Dit is beter bekend as anatto.

Orléans-sous
’n Vis- en wynsous.

Orly-sous
’n Witsous met tamatie.

ortanique
’n Vrug verwant aan die lemoen.

osbloed
’n Rooi Hongaarse tafelwyn. Tradisioneel word druiwe uit die omgewing van die dorp Eger in Hongarye gebruik hiervoor. Dit is ’n versnit van kadarka, merlot en pinot noir.

osso buco
’n Gereg van kalfskenkels in olyfolie gesmoor, met knoffel, tamaties en witwyn, en met rys voorgesit.
Osso buco

oswego
Lees bergamot.

oswego-tee
Tee gebrou van oswego-blare.

otjie (grunter)
’n Seevis met smaaklike vleis.

oublie [oe-blie]
Lees wafeltjie.

oudo
Delikate, geurige kruie met eetbare lote wat op dieselfde manier as aspersies geëet en voorgesit word. (udo)

oumeid-onder-die-kombers (toad-in-the-hole)
’n Stuk vleis in Yorkshire-poedingbeslag gebak. (hotnotjie-in-die-kombers, nooientjie-onder-die-kombers, ouvrou-onder-die-kombers)

oumenspeer
Lees bonchrétienpeer.

ouvrou-onder-die-kombers (toad-in-the-hole)
’n Stuk vleis in Yorkshire-poedingbeslag gebak. (hotnotjie-in-die-kombers, nooientjie-onder-die-kombers, oumeid-onder-die-kombers)



Wynwoordeboek

No comments :

Post a Comment