Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/06/2010

Hoender en pesto tortillas / Chicken and Pesto Tortilla

olie
hoender, slegs wit vleis - in blokkies gesny
margarien
4 tortillas
30 mℓ pesto
500 mℓ gerasperde mozzarella

Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot bruin.

Smeer die tortillas liggies met margarien aan een kant.

Verhit ’n skoon, groot pan en plaas die tortilla met die margarien kant na onder in die pan.
Smeer 15 mℓ pesto oor die tortilla, plaas die helfte van die hoender daarop, bedek met helfte van die mozzarella en maak toe met nog ’n tortilla, gesmeerde kant na bo.
Braai tot die tortilla goudbruin is.
Draai om en braai aan die ander kant tot die kaas gesmelt en die tortilla goudbruin is.

Sny in driehoeke en bedien dadelik.

(die resep is genoeg vir 4 persone)

No comments :

Post a Comment