Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/25/2010

Pissaladière

Indien jy in Nice in die suide van Frankryk is bestel jy pissaladière, ’n bekende gereg uit die streek. Dit is ’n randtert met swart olywe en ansjovis.

Jy het ryk broskorsdeeg nodig wat jy verkoel voor jy ’n 17,5 cm-deursnee tertring daarmee uitvoer.

Jy benodig ook:

450 g uie, fyngekerf
4 eetlepels olyfolie
15 swart olywe, ontpit en in ringe gesny
2 teelepels Franse mosterd
8 tamaties, geskil en in dik skywe gesny
15 ansjovisfilette, geweek in 'n bietjie melk
55 g Gruyèrekaas, gerasper
'n knypie gemengde kruie

Smoor die uie baie stadig in 2 eetlepels olie vir 20 minute, tot goudbruin. Laat die uie afkoel.

Smeer die mosterd oor die tertdeeg en plaas die uie bo-op.
Rangskik die tamaties op die uie en versprei die gedreineerde ansjovis oor die tamatie.
Strooi die olywe oor.
Sprinkel nou die kruie oor en dan die gerasperde kaas.

Gooi jou mengsel in die tert en bak 35 minute lank by 190ºC.

Die tert is groot genoeg vir 5 persone, indien jy dit met ete bedien.

No comments :

Post a Comment