Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/24/2010

Salé

Vandag is ons in Switserland en maak salé. Dit is ’n kaastert. Sny dit op om as happies te bedien of maak dit vir jou gesin vir ’n ligte ete saam met ’n groen slaai en groente.

Jy het ryk broskorsdeeg nodig wat jy verkoel voor jy ’n 17,5 cm-deursnee tertring daarmee uitvoer.

Jy het ook 280 mℓ béchamelsous nodig. Jou sous moet afgekoel wees.

Sodra jou béchamelsous gereed is vir gebruik klop jy 3 eiers in en voeg 127 g Gruyèrekaas, ’n knypie neutmuskaat en lekker baie sout en peper by.

Gooi jou mengsel in die tert en bak 25 minute lank by 190ºC.

Die tert is groot genoeg vir 5 persone, indien jy dit met ete bedien.

No comments :

Post a Comment