Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/23/2010

Quiche Lorraine

Die Quiche Lorraine is 'n tert wat kenmerkend is van die Lorraine-gebied in Frankryk.

Dit word warm of koud bedien.

Jy het ryk broskorsdeeg nodig vir die resep. Voer 'n 17,5 cm-deursnee tertring daarmee uit.

Klop 'n eier en voeg daarby 'n eetlepel kaas, 140 ml room en sout en peper na smaak.

Smelt 15 g botter in 'n pannetjie en braai 3 spekvleisrepies wat jy in klein stukkies opgeknip het gaar saam met 'n klein ui wat jy opgekerf het. Braai tot die uie begin verkleur.


Meng nou die eiermengsel en die spekvleismengsel, skep in die tertring en bak 30 minute by 190ºC.

No comments :

Post a Comment