Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/22/2011

Gorgonzola gnocchi

1 ui, baie fyn opgesny
30 mℓ olyfolie
2 knoffelhuisies, baie fyn opgesny
1 blikkie gekapte tamaties
3 ansjovisfilette
30 mℓ vars origanum, opgesny
125 mℓ aftreksel
vars gemaalde swartpeper
200 g broccoli, gewas en in blommetjies opgebreek
500 g gnocchi
100 g gorgonzola

Gooi die broccoli in kookwater en kook vir 5 minute.
Verwyder die broccoli en hou eenkant.

Verhit die olyfolie en braai die uie tot sag.

Voeg die knoffelhuisies, tamatie en ansjovis by en prut met die deksel op vir 5 minute.

Haal die deksel af en gooi die aftreksel, origanum en swartpeper na smaak by. Prut met die deksel af vir 10 minute.

Intussen kook jy die gnocchi volgens aanwysings.

Breek die gorgonzola in blokkies en roer by die sous.

Roer die broccoli en warm gnocchi by.

Bedien dadelik.

Die resep is genoeg vir 3 persone.

No comments :

Post a Comment