Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/26/2012

Switserse sous

Switserse sous is veral lekker saam met eiers.

500 mℓ rooiwyn
1 ui, fyn opgesny
2 salotte, fyn opgesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
250 mℓ bruinsous
30 mℓ botter
2 ansjovisfilette
knippie suiker

Kook die rooiwyn saam met die ui, salotte, knoffelhuisie, kruie en naeltjies tot alles sag is.
Voeg die bruinsous by en laat dit stadig kook tot die sous begin dik raak.
Gooi die sous deur 'n fyn sif en plaas dit terug in die kastrol.
Voeg die ansjovis, botter en suiker by en verhit die sous tot die ansjovis gedisintegreer het.

No comments :

Post a Comment