Robertsous is verwant aan
die klassieke Spaanse sous. Dit word gebruik vir vleis, veral vark.
2 uie, in skywe gesny
30 mℓ meel
50 mℓ botter
Sout en peper na smaak
5 mℓ Dijon-mosterd
15 mℓ witwyn
Strooi die meel oor die
uie en smoor dit in die botter in 'n souspan.
Voeg die bouillon en
witwyn by en laat dit stadig kook.
Stel die hitte laer, geur
met sout en peper en roer die mosterd by. Klits met draadklitser en sorg dat
dit nie weer kook nie.
No comments :
Post a Comment