Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/11/2012

Granolastafies / Granola Bars

160 g botter
100 mℓ heuning
250 mℓ suiker
500 mℓ hawermout
200 mℓ koekmeel
5 mℓ gemaalde kaneel
80 mℓ okkerneute
80 mℓ pitlose rosyne
250 mℓ gedroogde vrugte
125 fyngekapte amandels
30 mℓ sesamsaad

Smelt die botter en heuning in 'n kastrol oor lae hitte, terwyl jy die suiker byroer.
Wanneer die suiker opgelos is, verhoog die hitte tot dit kook en roer dan 2 minute lank tot die stroop glad is en verdik het.

Meng die res van die bestanddele en roer dit by die stroop. Dit sal 'n deeg vorm. Druk die deeg liggies in 'n gesmeerde lamingtonpan van 16 x 26 cm.

Bak by 180°C vir 30 minute tot dit net begin verbruin.

Laat dit afkoel en sny in stafies.

No comments :

Post a Comment