Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/25/2012

Youvetsi

Youvetsi is 'n tradisionele Griekse bredie. Die vleis is gewoonlik bees of lam. Indien jy youvetsi wil maak moet jy jou voorberei vir lank kook.

1,75 kg beesvleis, in blokkies gesny
125 mℓ olyfolie
1 ui, in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 prei, middeldeur gesny
1 wortel, in derdes gesny
125 mℓ witwyn
4 allspice
1 blikkie gekapte tamaties
5 mℓ suiker
1 liter water
500 g pasta, dit moet 'n klein soort pasta wees
sout en peper na smaak
gerasperde kefalotyri of pecorino

Verhit die helfte van die olyfolie in 'n swaarboompot, geur die vleis liggies met sout en peper en braai die vleis bruin.

Verwyder die vleis en hou eenkant. Gooi die res van die olyfolie in die pot. Braai die uie hierin tot dit deurskynend is.
Voeg die knoffel by en braai vir nog 'n minuut.
Voeg die prei, wortel, wyn, allspice, tamaties, suiker en water by. Skraap die bodem van die pot om alles wat vassit los te maak. Laat dit kook en verlaag dan die hitte.
Prut met die deksel af vir 10 minute.

Plaas die vleis terug in die pot, plaas die deksel op en prut oor lae hitte vir 1 uur.

Verwyder die prei en wortel.
Gooi die pasta in die pot, gooi nog water by indien nodig en geur met sout en peper.
Plaas die deksel op en sit die pot in 'n 180°C oond. Los dit in die oond vir nog 'n uur. So nou en dan moet jy die pot uithaal en roer, sodat daar niks aan die bodem vassit nie.

Haal die pot uit die oond en probeer al die allspice verwyder. Bedek met die gerasperde kaas en plaas die deksel terug. Laat dit rus vir 20 minute voor jy dit bedien. Jy kan ook die gerasperde kaas oorstrooi wanneer jy die individuele porsies bedien.

No comments :

Post a Comment