Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/21/2012

Tempura

Tempura is 'n deeg wat gebruik word om groente en vis te diepbraai.

Meng 1 eier met 500 mℓ yskoue sodawater.

Voeg 150 mℓ gesifte koekmeel en 250 g mielieblom by. Meng dit liggies. Hou die mengsel in die yskas tot jy dit benodig. Deel van tempura se geheim is dat dit so koud as moontlik moet wees wanneer jy dit gebruik.

Bedek die groente of vis daarmee en diepbraai teen 180°C.

Kos wat in tempura gebraai is word gewoonlik bedien met 'n doopsous van sojasous en mirin
.

No comments :

Post a Comment