Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2012

Chinese voëltjienes-sop

Jy het een Chinese voëltjienes nodig per persoon. Week die nes in koue water vir 2 ure.

Wanneer die nes begin lyk asof dit deurskynend is, kan jy kyk of daar enige stukkies eierdoppe of ander materiaal is wat verwyder moet word.
Blansjeer nou die neste vir 5 minute.

Dreineer die neste en plaas dit in kokende hoenderconsommé / hoendersop (resep 2) – genoeg om die neste te bedek. Die Chinese gebruik tradisioneel eendsop inplaas van hoender.


Posjeer die neste versigtig vir 45 minute. Die consommé moet nooit kook as die neste in die sop is nie.

Die sop moet baie warm bedien word in klein bakkies.


(foto: Alaine Browne)

No comments :

Post a Comment