Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/21/2012

Boeuf à la mode

Is deel van die Franse se stapelvoedsel. Jy het 'n goeie braaistuk en 'n kalfsklou nodig vir dié resep. Vra jou slagter om die klou oop te kap vir jou.

Smelt botter in 'n swaarboompot. Dit moet genoeg wees om jou braaistuk aan alle kante te verbruin oor hoë hitte.
Stel die hitte laer en voeg die klou by. Sorg dat dit ook verbruin aan alle kante.
Voeg 'n bouquet garni in die pot asook 6 geskilde wortels wat in ringe gesny is en 6 klein geskilde uie. Braai dit ook vir 'n minuut of twee in die botter. Julle kan nou aflei dat dit 'n baie groot stuk botter is.
Voeg nou 200 mℓ witwyn en 400 mℓ aftreksel/bouillon by en sout en peper.
Plaas die pot se deksel op en sorg dat die hitte so laag as moontlik is. Nou los jy die pot vir 5 uur. Jy kan dit ook in jou oond plaas, onthou net om die hitte laag te hou.

Verwyder die klou en die kruie voor jy dit bedien.


No comments :

Post a Comment