Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/22/2012

Shakshuka

Eiers is 'n belangrike bron van proteïene in Israel. Hierdie eiergereg is baie gewild in dié land. Hierdie resep is vir 6 persone.

1 kg tamaties, in kwarte gesny
6 knoffelhuisies, in stukkies gekap
10 mℓ sout
5 mℓ paprika
10 mℓ tamatiepasta
60 mℓ olie
6 eiers
250 mℓ feta, in blokkies gesny
60 mℓ varsgekapte pietersielie

Sit die tamaties, knoffel, sout, paprika, tamatiepasta en olie in 'n souspan en laat dit prut tot dit 'n dik sous maak – omtrent 30 minute.

Skep die sous in 'n pan en breek die eiers in die sous. Sit die feta tussen die eiers in die sous. Bedek die pan en kook stadig vir 4 minute tot die eiers na jou sin gestol het. Strooi die pietersielie oor wanneer die eiers reg is.

No comments :

Post a Comment