Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/15/2012

Bordelaise-sous vir geroosterde vleis

'n Ander weergawe van dié klassieke Franse Bordelaise sous / Sauce bordelaise / Sauce marchand de vins.

Kook 250 mℓ rooiwyn af saam met 1 gekapte salot, 'n takkie tiemie, 'n lourierblaar en 'n knippie sout.

Roer nou 100 mℓ bruinsous en 60 mℓ consommé/aftreksel by.
Kook nou die sous tot dit met die helfte verminder het.
Verwyder van die hitte en roer 30 g botter, 5 ml fyngekapte vars pietersielie en 30 g beenmurg, wat in blokkies gesny en vooraf geposjeer is, by.

No comments :

Post a Comment