Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/10/2013

Hoenderpastei met 'n karringmelkkors

Deeg:
300 g bruismeel
5 mℓ sout
100 g botter, in klein blokkies gesny
2 groot eiers
60 mℓ melk
250 mℓ karringmelk

Vulsel:
45 mℓ olie
1 ui, fyngekap
1 gaar hoender, ontbeen en in blokkies gesny
1 lourierblaar
1 patat, gerasper
4 wortels, geskil en in blokkies gesny
2 blokkies hoenderaftreksel
1 pakkie (75 g) hoendersop
500 mℓ kookwater
60 mℓ vars gekapte pietersielie
sout en peper na smaak

Om die deeg te maak sif jy die meel en sout saam.
Vryf die botter by met jou vingers.

Klop die eiers, melk en karringmelk saam in 'n aparte bak.
Roer die eiermengsel by die meel om 'n deeg te vorm.
Laat jou deeg staan terwyl jy die vulsel voorberei.

Laat die hoenderaftreksel en –sop oplos in die kookwater.

Braai die uie in die olie in 'n kastrol tot sag.
Voeg die lourierblaar, patat en wortels by. Kook vir 5 minute terwyl jy gereeld roer.
Gooi die hoender by.

Voeg die mengsel van aftreksel en sop by die groente en kook tot dit begin verdik.

Roer die pietersielie by en geur met sout en peper.
Skep die vulsel in 'n gesmeerde oondbak.
Skep die deeg oor en maak die deeg netjies en glad met 'n lepel.
Bak by 180°C vir 1 uur tot dit goudbruin is.

No comments :

Post a Comment