1 ui, fyngekap
1 groen soetrissie, fyngekap
1½ knoffelhuisie, fyngekap
15 mℓ water
Plaas die bestanddele in 'n pot wat nie gaan aanbrand nie en smoor oor lae hitte met die deksel op vir 10 minute.
Gooi nou die volgende bestanddele by en smoor nog 'n verdere 30 minute:
2 blikkies rooi niertjiebone
1 blikkie fyngekapte tamaties
2,5 mℓ tiemie
2,5 mℓ origanum
2,5 mℓ paprika
2,5 mℓ sout
'n paar draaie varsgemaalde swartpeper
2,5 mℓ rissiepoeier
5 mℓ Tabasco
Bedien die bone op bruinrys.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment