Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/18/2013

Speseryrys

625 mℓ rys
2,5 mℓ saffraan
30 mℓ kookwater
30 mℓ botter
4 kardemomsade, gekneus
1 stokkie kaneel
4 naeltjies
10 swartpeperkorrels
1 liter warm water
12,5 mℓ sout
die gerasperde skil van 1 lemoen
30 mℓ sultanas
30 mℓ amandels wat geblansjeer en gesny is (mens koop dit so in die supermark)
30 mℓ geblansjeerde pistasieneute

Week die saffraan in die 30 mℓ kookwater vir 10 minute.

Smelt die botter in 'n swaarboompot en braai die kardemom, kaneel, naeltjies en peperkorrels liggies vir 2 minute.

Voeg die rys by en braai verder vir nog 3 minute terwyl jy aanhoudend roer.

Gooi die warm water by, asook die sout, saffraan (ook die vloeistof) en die lemoenskil. Roer, bring tot kookpunt, draai dan die hitte tot op die laagste merk, plaas die deksel op en laat prut vir 20 minute.

Strooi nou die sultanas oor die rys, plaas die deksel terug en laat vir nog 5 minute kook.

Garneer die rys met die neute.

Die resep is genoeg vir 6 persone en is veral geskik om saam met rooivleis of hoender bedien te word.

No comments :

Post a Comment