1 raap, in blokkies gesny
1 wortel, in blokkies gesny
1 ui, in blokkies gesny
15 mℓ gort, geblansjeer
1 liter water
sout en peper
5 mℓ vars gekapte pietersielie
Geur die vleis met sout en peper en sit dit in 'n pot saam met die gort en water. Verhit dit stadig tot dit begin prut. Plaas die deksel op en kook 2 uur lank.
Na 1 uur voeg jy die groente by en proe vir sout en peper.
Wanneer die sop klaar is sny jy die vleis van die bene af, sny dit in blokkies en plaas dit terug in die pot.
Strooi die pietersielie by en bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment