Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/31/2013

Vuurwarm - Jan Braai

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.

In sy tweede boek, Vuurwarm gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors: Hy daag ons uit om ook sy heerlike kerrie-potjies, pannekoek, hoender-mayonnaise broodjies, malvapoeding en appeltert op ’n oop vuur te probeer!

Vuurwarm spog ook met maklike instruksies, volkleur foto’s en Jan se kenmerkende braaihumor. Dié pragboek is gepak met meer as 80 lusmaak-resepte, wat alle braaiers – van beginners tot dié wat wéét – sal inspireer om vriende en familie te nooi vir smulkos en samesyn.

Van Jan se eerste boek, Vuurwerke, het daar meer as 30 000 in Afrikaans en Engels verkoop in die eerste ses maande ná publikasie.



Vuurwarm / deur Jan Braai -- Human & Rousseau, 2013. -- 200 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798162760 : R 275.00

No comments :

Post a Comment