Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/11/2013

Hollandaise sop / Hollandaise Soup

Die bekende Hollandaise sous kan ook gebruik word vir 'n sop. Gebruik hierdie hollandaise resep om te sous te maak.

Jy het ook 'n liter hoenderaftreksel nodig. Indien jy dit nie van die hoender resep wil maak nie kan jy sommer die blokkies ekstrak gebruik. Roer dit by die warm sous. Laat dit prut tot dit verdik. Dit moet aanhoudend geroer word. Moenie dat dit kook nie.

Intussen kook jy ook die volgende groente saam in kookwater saam met sout, tot dit net begin sag word:

1 witwortel, in blokkies gesny
1 wortels, in blokkies gesny
½ komkommer, ontpit en in blokkies gesny
200 g gevriesde ertjies

Net voor jy dit bedien roer jy 5 mℓ vars fyngekapte pietersielie en tarragon by, asook 'n knippie suiker. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Skep die gedreineerde groente in jou opdienbak en gooi dan die sop bo-oor. Dit moet dadelik bedien word.

Die resep in genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment