Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/15/2013

Portugese seekos kerrie

200 g gedroogde klapper
10 mℓ peri-peri
10 mℓ mosterdsaad
5 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ koljandersaad
4 naeltjies
5 mℓ borrie
25 g vars gemmer, fyngekerf
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 ui, in stukkies gesny
50 mℓ olie
1 tamatie, gerasper
250 mℓ klappermelk
500 g garnale
500 g krap
500 g seekos mengsel
vars koljander

Braai die gedroogde klapper tot dit goudbruin is en laat dan eenkant staan om af te koel.

Braai nou die speserye, knoffel en gemmer saam. Meng dit met die gebraaide klapper.

Braai die ui in die olie tot sag.
Voeg al die bestanddele, behalwe die vars koljander, nou by die ui. Prut dit vir 25 minute.

Strooi die vars koljander oor net voor jy dit bedien.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment