Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/15/2013

Hoender met amandel en room

1,5 kg se hoenderstukke
3 knoffelhuisies, fyngedruk
5 mℓ vars gerasperde gemmer
5 mℓ borrie
2,5 mℓ saffraan
60 mℓ melk
45 mℓ olie
2 uie, fyngekap
15 mℓ garam masala
10 mℓ sout
125 mℓ warm water
125 mℓ room
30 mℓ gemaalde amandels
30 mℓ vars gekapte koljander

Meng die knoffel, gemmer en borrie en vryf die hoender in daarmee.

Bring die melk tot kookpunt en laat die saffraan daarin week vir 10 minute.

Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en braai die uie daarin tot goudbruin.
Skep die uie uit en hou eenkant.
Plaas die hoender stuk-stuk in die pot en verbruin aan alle kante.
Wanneer al die hoender verbruin is plaas jy al die vleis in die pot.
Strooi die garam masala en die sout oor en gooi die saffraan en melk, die warm water en die helfte van die uie by. Plaas die deksel op en kook tot die hoender sag is. Draai die hoender so een of twee keer om terwyl dit kook.

Verwyder die stukke hoender uit die pot en hou dit warm eenkant.
Voeg die amandels en room by die pot se inhoud en verhit alles saam terwyl jy dit roer.
Skep die sous oor die hoender en bedien op rys.

Garneer die hoender met die oorblywende uie en die koljander.

Die resep is genoeg vir 6 persone.

No comments :

Post a Comment