Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/04/2014

Lamtjops, gekook en gebraai in 'n degie

Indien jy iets oorspronklik met jou lamtjops wil doen, probeer hierdie Indiese resep – genoeg vir 4 persone.

8 klein lam tjops
375 mℓ melk
125 mℓ water
5 mℓ sout
8 kardemomsade, gekneus
8 naeltjies
klein stokkie kaneel
12 swartpeper korrels
80 mℓ kekerertjiemeel
5 mℓ gemaalde koljander
2,5 mℓ sout
'n knypie gemaalde kardemom
'n knypie gemaalde rissiepoeier
'n knypie gemaalde kaneel
'n knypie gemaalde naeltjies
'n knypie gemaalde neutmuskaat
'n knypie gemaalde borrie
80 mℓ water
10 mℓ gesmelte botter
olie om mee te braai



Plaas die tjops in 'n diep pan saam met die melk, 125 mℓ water, 5 mℓ sout, 8 kardemomsade, 8 naeltjies, klein stokkie kaneel en die swartpeper korrels. Bring dit tot kookpunt.
Stel die hitte laer en prut met 'n deksel op. Dit moet prut tot die vleis sag is en die vloeistof verdamp het.
Laat dit afkoel na die tyd.

Meng met die res van die bestanddele met 'n houtlepel tot jy 'n gladde mengsel het. Laat die mengsel vir ten minste 30 minute staan voor jy dit gebruik.

Verhit die olie. Doop die tjops in die deeg sodat dit 'n dun lagie oor het en braai dan aan beide kante tot dit goudbruin is. Dreineer op kombuispapier.

Bedien die tjops warm saam met brood en groente.
(foto Stuart Webster)

No comments :

Post a Comment