Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/10/2014

Allemande-sous

’n Allemande-sous is basies ’n witsous gemaak met ’n aftreksel van pluimvee of kalf. Daar is ook diegene wat dit eerder definieer as ’n baie ryk suprême-sous.

Vir ’n resep vir eersgenoemde sien na die aanwysings by die resep vir Poularde au blanc.

Vir die suprême-weergawe klits jy 2 eiergele liggies saam met ’n bietjie room en meng dit by 500 mℓ suprême-sous. Dan verhit jy dit tot net daarvoor begin kook, terwyl jy aanhoudend roer.
Roer nou 30 mℓ room by en bedien. Dit is heerlik saam met hoender.

No comments :

Post a Comment