Buise, bv. penne, rigatoni of macaroni
Hierdie pasta het allerhande hoeke en draaie waarin ’n lekker ryk sous kan vassit.
Fyn pasta, bv. engelhaarpasta, risoni of lettertjiepasta
Dit is ideaal om sop of bredies mee te verdik.
Lasagne
Jy hoef die pastavelle gewoonlik nie vooraf te kook nie. Jy kan dit bloot laag op laag afwissel met ’n sous en gaar vleis. Bak dit dan in die oond tot sag.
Linte, bv. tagliatelle, linguine of fettucine
Hierdie pasta is veral geskik vir romerige of gladde souse soos alfredo.
Spaghetti
Die bekende lang, dun pasta is geskik vir eenvoudige souse soos pesto of bolognaise.
Vorms, bv. farfalle (strikdas) of conchiglie (skulp)
Hierdie pasta behou hul vorms goed en is veral geskik vir slaai of dik souse.
Maak jou eie pasta: Eierpasta / Sfoglia
(foto: Michael Coghlan)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment