Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/21/2012

Bolognaise-sous

4 stokke seldery, in stukkies gesny
5 uie, opgekap
4 salieblare
2 takkies roosmaryn
bouquet garni
500 g biefstuk, in stukke gesny
10 tamaties, geskil en fyngedruk
5 knoffelhuisies, fyngedruk
80 mℓ olyfolie
375 mℓ aftreksel
250 mℓ rooiwyn
sout en peper

Verhit die olyfolie in 'n swaarboompot en verbruin die vleis.

Voeg die uie, seldery en knoffel by en braai tot die uie verbruin.

Voeg die tamaties by en braai vir 10 minute.

Voeg die bouquet garni, salie en roosmaryn by, asook die aftreksel, rooiwyn en sout en peper.
Plaas die deksel op en kook stadig vir 2 uur. Voeg nou en dan bietjie water by as die vloeistof te veel daal.

Bedien dit saam met jou gunsteling pasta of net waarvoor jy lus het.

No comments :

Post a Comment