Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/29/2011

Voedsel en wyn kombinasies

’n Suksesvolle paring van jou gereg met wyn hang af van verskeie faktore. Dit behels onder andere goeie kennis van die karakter van kultivars en die spesifieke wynmaker se styl.

Ons het ongelukkig nie almal deesdae tyd om goed vertroud te raak met die wye reeks verskillende wyne wat tans beskikbaar is nie.

Hierdie kort gids verskaf basiese riglyne vir die paring van die gewildste kultivars in Suid-Afrika. Onder elke kultivar verskyn die geregte wat normaalweg daarmee saam geniet word:

cabernet sauvignon
eend
gebraaide pluimvee
sjokolade
beeshaas (steak)
vleisbredies

chardonnay
gerookte geregte
romerige geregte
salm
seekos
sterk kaas
vark

chenin blanc
kaas
speseryagtige geregte
sout geregte

merlot
braaivleis
hoender
pasta
sterk kaas
vleis

pinotage
braaivleis
sampioengeregte
warm tamatiegeregte

sauvignon blanc
kaas
mossels
suur geregte
vars tamatiegeregte

shiraz
braaivleis
bredies
rooivleis
wors

No comments :

Post a Comment