Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/15/2011

Chana Punjabi

Chana Punjabi is 'n eenvoudige, maar heerlike Indiese gereg. Die geheim van die resep is die geurmiddels en 'n rustige kookproses.

15 ml olie
1 ui, opgekap
10 ml fyngekapte knoffel
5 ml fyngekapte gemmer
1 opgekapte rissie (birdseye)
'n blikke gekapte tamaties
5 ml paprika
5 ml sout
5 ml gemaalde koljander
2 ml garam masala
2 ml borrie
5 ml suurlemoensap
2 blikkies kekerertjies (chickpeas)
30 ml fyngekapte koljander

Verhit die olie in 'n kastrol en braai die uie liggies vir 5 minute.
Voeg die knoffel, gemmer en rissie by en braai vir 3 minute.
Voeg die tamaties en 60 ml water by, plaas die deksel op en laat vir 5 minute kook teen dieselfde hitte.
Voeg die paprika, sout, gemaalde koljander, garam masala, borrie, suurlemoensap en kekerertjies by. Meng goed en bring tot kookpunt.
Draai nou die hitte af tot op die laagste. Plaas die deksel op en kook tot die kekerertjies baie sag is; vir ten minste 45 minute. Roer af en toe. Voeg water by indien dit droog kook.
Die sous moet lekker dik wees. Indien dit waterig is moet jy die deksel afhaal en dit 'n bietjie afkook.
Roer die vars koljander by net voor jy dit bedien.

Bedien dit op rys of fyngemaakte patats. Indien dit te veel brand na jou sin kan jy dit saam met gewone jogurt bedien.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment