4 knoffelhuisies, opgekerf
15 ml vinkelsaad
3 lourierblare
1 takkie tiemie
1 takkie roosmaryn
'n handvol pietersielie, opgekap
die gerasperde skil van 1 suurlemoen
die sap van 1 suurlemoen
2 suurlemoene, in dik skywe gesny
6 skoongemaakte hoenderboudjies
6 skoongemaakte hoendervlerkies
sout
varsgemaalde swartpeper
30 ml olyfolie
Meng die ui, knoffel kruie, skil en sap. Meng die hoenderstukke daarmee, plaas in 'n lugdigte houer en hou in die yskas vir 'n uur.
Plaas die skywe suurlemoen op 'n oondplaat en jou stukke hoender op die suurlemoen. Geur met sout en peper en bedruip met die olyfolie.
Bak vir 2 ure by 180ºC.
Bedien die hoender saam met gekookte groente vir 'n ete vir 4 persone. Jy kan dit ook as 'n happie bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment