6 filette tongvis
genoeg court bouillon om die filette te posjeer
250 g klein sampioene
botter
sap van 1 suurlemoen
24 mossels, in botter gekook tot dit oopgaan
12 garnale, gekook volgens dié resep
2 eiergele, geklits saam met 125 mℓ room, sout, peper en ’n knippie droë tiemie
Posjeer die vis in die bouillon vir 10 minute.
Rangskik dit dan in ’n oondbak wat met botter gesmeer is.
Braai die sampioene in botter vir 3 minute.
Roer die suurlemoensap by.
Rangskik die sampioene en sous, die mossels en die garnale in hopies tussen die vis.
Gooi die eiersous oor die vis.
Bak in ’n 180ºC oond vir 10 minute.
Plaas onder die oondrooster vir ’n verdere 2 minute.
Bedien dadelik.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment