Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/07/2012

Salotsous / Bercy-sous

Salotsous deel 'n herkoms met salotbotter. Die sous pas veral by vis wat gebak of geposjeer is.

4 salotte, in stukkies gesny
20 mℓ + 40 mℓ botter, gesmelt
120 mℓ witwyn
120 mℓ visaftreksel
240 mℓ velouté
hand vol pietersielie, gekap
sout en peper

Kook die salotte stadig in 20 mℓ botter vir 2 minute, SONDER om dit te verbruin.
Voeg die wyn en aftreksel by en stel die hitte hoër. Kook tot die vloeistof se volume met die helfte verminder het.
Gooi die velouté by en kook op hoog vir 2 minute.
Verwyder die souspan van die hitte en roer die 40 mℓ botter en dan die pietersielie by.
Geur met sout en peper.



(Foto: Jean-Louis Zimmermann)

No comments :

Post a Comment