Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/22/2012

Beesvleis gesmoor in rooiwyn

1,5 kg beesvleis, binneboud of stertstuk
beesvleismarinade
15 mℓ olie
1 ui, in skywe gesny
1 wortel, in ringe gesny
bouquet garni
1 knoffelhuisie
sout en peper
200 mℓ rooiwyn
200 mℓ aftreksel

Sous:
15 mℓ olie
15 mℓ meel
280 mℓ aftreksel
15 mℓ tamatiepasta

Garnering:
170 g knopiesampioene
225 g klein uitjies, geblansjeer
15 g botter
5 mℓ suiker

Laat die beesvleis 24 uur staan in die marinade.

Verwyder die vleis uit die marinade en droog dit af met handdoekpapier. Gooi die marinade deur 'n sif en behou die sous.
Verbruin die vleis in die olie in 'n kastrol.

Verwyder die vleis uit die pot en plaas die ui en wortel in die kastrol. Verlaag die hitte en sodra die groente begin verkleur plaas jy die vleis terug saam met die bouquet garni, knoffel, sout en peper, wyn en aftreksel.
Plaas die deksel op en plaas die kastrol in 'n 160°C oond. Smoor vir 2½ uur.

Berei die sous deur di olie te verhit en dan die meel by te roer.
Braai tot die meel bruin is.

Verwyder die sous van die hitte en roer die tamatiepasta, aftreksel en oorblywende aftreksel by.
Plaas die sous terug op 'n plaat en bring tot kookpunt. Laat dit vir 20 minute prut.

Berei die garnering deur die uie in 'n kastrol te plaas saam met die botter en suiker. Plaas die kastrol se deksel op en kook die inhoud oor lae hitte. Skud die kastrol af en toe.

Na 8 minute behoort die uitjies sag en taaierig te wees. Voeg die sampioene by en prut die garnering vir nog 5 minute.

Wanneer die vleis gereed is verwyder jy dit uit die kastrol en sny in skywe/stukke.
Hou die vleis warm.
Kook die oorblywende inhoud af en gooi dit dan deur 'n sif.
Gooi die sous by die voorbereide sous. Skep genoeg van hierdie sous oor die vleis sodat al die vleis klam is.
Bedien die oorblywende sous in 'n aparte bakkie saam met die vleis.
Garneer die vleis met die uitjies en sampioene.

Die vleis kan ook koud bedien word.

No comments :

Post a Comment