Jy gaan ook die volgende bestanddele nodig kry:
250 g spek, in blokkies gesny
3 uie, fyn opgesny
15 mℓ vars gekapte pietersielie
1 lourierblaar
knippie droë tiemie
knypie witpeper
45 mℓ asyn
90 mℓ bouillon / aftreksel
Braai die spek en uie saam tot die uie sag is – moet dit nie verbruin nie.
Voeg die lourierblaar, tiemie, witpeper en pietersielie by. Roer om dit goed te meng.
Voeg die asyn by en roer weer.
Gooi die aftreksel in, roer en laat dit vir 2 minute lank verhit.
Plaas nou die vleis in die sous en verhit dit vir 5 minute.
Bedien saam met aartappels en 'n groenslaai.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment