Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/12/2012

Hoender à la bohémienne

Hierdie is een van verskeie geregte wat vernoem is na die opera La Bohémienne.

Geur 1 skoongemaakte hoender met fyngemaalde paprika en verbruin dit aan alle kante in 'n kastrol. Sit dan die kastrol se deksel op, draai die hitte so laag as moontlik. Skud die kastrol nou en dan.

Blansjeer 'n skoongemaakte ui en sny dit dan in baie fyn stukkies.
Sny 4 rooi soetrissies in dik repe.
Skil 2 tamaties en sny dit indik skywe.
1 knoffeltoontjie, gerasper.
Dan jy jy ook 15 mℓ vars gekapte vinkel nodig.
Sodra die hoender 20 minute gekook het gooi jy al die gekapte groente en kruie by.
Plaas die deksel op en laat vir nog 40 minute op die lae hitte. Skud nou en dan.

Verwyder die hoender en groente uit die kastrol. Gooi 125 mℓ witwyn en 50 mℓ bouillon / aftreksel by die sous in die kastrol. Gooi 'n skeut suurlemoensap by. Kook dit sous stadig terwyl jy die skraapsel in die pot losmaak. Wanneer die sous warm is gooi jy dit oor die hoender.

Bedien die gereg saam met rys wat met saffraan gegeur is.

No comments :

Post a Comment