Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2013

Vleisvorms

Die dae toe mense nog tyd gehad het vir kosmaak was vleisvorms baie gewild. Hier is 'n resep vir diegene wat dit wil probeer.

230 g ham, koop gekookte ham wat in dun skywe gesny word en sny dit dan vêrder in dun repies
750 g varkvleis
1 kg kalfskenkel
1,7 liter water
30 mℓ sout
15 witpeperkorrels
10 wonderpeperkorrels
3 lourierblare
knippie suiker
6 kruinaeltjies
1 ui, geskil
1 wortel
witpeper na smaak
30 mℓ wit asyn
3 mℓ gelatien, in 'n bietjie koue water geweek

Bring die water tot kookpunt en plaas die 750 g varkvleis en die kalfskenkel daarin.
Bring dit weer tot kookpunt, skep die skuim af, en voeg dan die sout, witpeperkorrels, wonderpeperkorrels, lourierblare, suiker, kruienaeltjies, ui en wortel by. Laat dit vir 2 uur prut.

Verwyder die vleis en laat dit koud word.
Sny nou die vleis van die bene af en sny dit dan in dun repies.

Plaas die bene terug in die aftreksel en kook dit verder vir nog 30 minute.

Gooi die aftreksel deur 'n sif en gooi die vloeistof terug in die kastrol.
Plaas al die vleis nou by die vloeistof en kook dit vir 15 minute.

Geur met witpeper en gooi die asyn en gelatien by.

Spoel die vorms, waarin die mengsel gaan stol, uit met koue water.
Gooi die vleismengsel in die vorms en laat dit in 'n koel plek staan om te stol.

Wanneer dit gestol het keer jy dit uit op skottels.
Sny in skywe om te bedien.

No comments :

Post a Comment