1 kg hoenderstukke
1 ui, in stukke gesny
3 knoffelhuisies
5 mℓ vars gekapte gemmer
125 mℓ koljanderblare
20 mℓ olie
5 mℓ borrie
7 mℓ garam masala
7 mℓ sout
2,5 mℓ rissiepoeier
125 mℓ jogurt
2 tamaties, in blokkies gesny
koljanderblare vir garnering
Maak die ui, knoffel, gemmer en koljander saam fyn in 'n voedselverwerker. Verwerk tot dit 'n puree is.
Verhit die olie in jou pot en roerbraai die puree vir 5 minute.
Voeg die borrie, garam masala, sout en rissiepoeier by en roerbraai vir nog 'n minuut.
Roer die jogurt en tamatie by en braai tot die vloeistof verdamp het.
Voeg die hoender by en meng goed met die sous. Draai die hitte af tot laag en plaas die deksel op. Kook tot die hoender sag is.
Garneer die hoender met die koljander en bedien met rys.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment