Gebruik klein hoendertjies vir die resep. Dié resep is vir ongeveer 1 kg se hoender. Sny elke hoender in die helfte deur.
Verwerk die volgende bestanddele saam in 'n voedselverwerker tot 'n puree:
3 stingeluie, in stukke gesny
4 knoffelhuisies, skoongemaak
10 mℓ vars gekapte gemmer
30 mℓ suurlemoensap
30 mℓ vars gekapte koljander
10 mℓ sesamolie
10 mℓ grondboontjieolie
Nou meng jy die volgende speserye by die puree:
10 mℓ gemaalde koljander
5 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ paprika
2,5 mℓ rissiepoeier
7,5 mℓ sout
Vryf die hoender in met die mengsel, plaas in 'n houer met 'n deksel en hou oornag in die yskas.
Die volgende dag stoom jy die hoender vir 30 minute.
Sorg dat die hoender droog is voor jy dit diepbraai, maar wees versigtig om nie te veel van die speserye af te vee nie. Diepbraai dit in olie net voor jy dit bedien – ongeveer 2 minute tot die hele stuk hoender verbruin het.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment