Dit is vining om die brood te meng en bak. Mozzarella en roosmaryn brood pas perfek by sop, slaai, of gaan perfek saam met kaas en 'n sambal of piekels.
Voorbereidingstyd: 15 minutes
Baktyd: 30 minutes
Bedien: 12
750 mℓ bruismeel
1 mℓ sout
15 mℓ suiker
330 ml bier
60 mℓ gesmelte botter of margarien of olie
250 mℓ fyngekapte Mozzarella
2,5 mℓ gemengde kruie
15 mℓ fyngekapte roosmaryn
5 mℓ fyngekapte knoffel (opsioneel)
Bolaag
varsgemaalde swartpeper
takkies roosmaryn
Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer 'n medium broodpan (23 cm) goed met botter / maragarien / olie / cooking spray.
Gooi die droë bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voeg die bier en gesmelte botter by en roer om te meng. Die mengsel moet nat en klewerig wees. Voeg 'n bietjie water by as dit te droog is.
Skep die mengsel in die broodpan, maak die bokant glad, strooi varsgemaalde swartpeper oor en druk 'n paar takkies roosmaryn daarin vas.
Bak vir 25 tot 30 minute tot goudbruin en gaar.
Gooi die brood uit op 'n draadrak om 'n bietjie af te koel.
Bedien dit warm of sny dit op en vries. As jy dit dan later wil gebruik plaas jy die snye gewoon in 'n broodrooster.
Variasie - Individuele broodjies
Smeer 'n muffin pan. Vir klein broodjies gebruik jy 'n 18 – 24 pan, vir groot brode een met 12.
Deel die deeg op tussen die bakkies en bedek met swartpeper en roosmaryn soos vir die groot brood.
Die 18 – 24 panne behoort net sowat 15 minute te bak, maar die 12 pan 25 minute.
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.
Lees meer oor Art of Cooking
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment