Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/05/2009

Bukhara visresep

Hierdie is 'n resep vir 'n dis wat by die Bukhara restaurante bedien word.

600 g filette van enige wit vis, in groot stukke gesny
1 teelepel sout
½ teelepel komyn
½ teelepel rissie, fyngekap
½ teelepel borrie
knypie fenegriek

Meng al die speserye en smeer oor die filette. Plaas die filette op 'n gesmeerde oondpan en bak 20 minute lank by 180 grade.

Intussen maak jy 'n sous met die volgende bestandele:

2 eetlepels olie
3 teelepels komyn, gemaal
3 teelepels knoffel, fyngekap
3 teelepels gemmer, gerasper
1 teelepel rissie, fyngekap
2 teelepels borrie
1 ui, fyngekap
½ teelepel fenegriek
sout
2/3 koppie gekapte en geskilde tamatie
½ koppie tamatiepuree
½ rooi soetrissie, in stukke gesny
½ groen soetrissie, in stukke gesny
½ ui, in stukke gesny
1/3 koppie room
eetlepel vars gemmer, in fyn skyfies gesny
eetlepel gekapte koljander
eetlepel kerrieblare

Verhit die olie en braai die fyngekapte ui vir 3 minute.
Voeg die komyn, knoffel, rissie en gerasperde gemmer by. Braai tot die uie sag is.
Voeg sout en al die tamatie by.
Kook die mengsel af vir 'n paar minute.
Voeg die soetrissies, uie en kerrieblare by en kook tot die groente sag is.
Voeg die vis nou versigtig by en roer net liggies.
Sodra die vis weer warm is voeg jy die room, gemmer en koljander by.

Garneer met vars koljander.

Bedien saam met basmati en naan.

No comments :

Post a Comment