Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/20/2011

Spesery hoender / Spicy Chicken

2 uie, baie fyn opgesny
60 mℓ botter
sout
10 mℓ borrie
10 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ rissiepoeier
5 mℓ gemaalde koljander
15 mℓ paprika
10 mℓ garam masala
15 mℓ vars gerasperde knoffel
15 mℓ vars gerasperde gemmer
3 rissies, fyn opgesny
4 aartappels, in kwarte gesny
3 tamaties, fyn opgesny
5 mℓ bruinsuiker
250 mℓ jogurt
1 kg hoendervleis, in klein stukkies opgesny

Smelt die botter in ’n kastrol en braai dan die uie tot goudbruin.

Voeg 90 mℓ water by, draai die hitte tot op die laagste en plaas die deksel op. Laat dit stoom tot die uie ’n sagte pulp is.

Intussen meng jy die borrie, komyn, rissiepoeier, paprika, koljander, garam masala, knoffel, gemmer en rissie met 250 mℓ water.
Voeg dit by die uie wanneer dit klaar is en roer die aartappels by. Kook vir 10 minute. Roer gereeld.

Voeg nou die hoender, suiker en tamaties by en prut vir 20 minute. Gooi nog water by indien dit te droog raak.

Proe vir sout.
Roer die jogurt by en kook vir 3 minute. Roer aanhoudend. Prut verder indien die hoender nog nie gaar is nie.

Bedien op rys saam met raita.

No comments :

Post a Comment