Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/17/2011

Mexikaanse kaasgereg met geroosterde rissie

Dié hemelse gereg by die Mexikane afgekyk en my eie weergawe gemaak. Die soja is onder andere bygevoeg. Die Mexikaanse weergawe het geen soja (of vleis) nie. Weet nie wat hulle dit noem nie, maar bogenoemde naam pas, omdat die kaas dit net daai oemf gee, en so ook die geroosterde rissie.

Die Mexikane bedien dit op graan; bruinrys is baie lekker. Die resep is genoeg vir ’n honger gesin van 3.

15 ml olyfolie
15 ml botter
2 uie, gekap
5 ml fyngekapte knoffel
2 tamaties, gekap
1 groot, groen rissie, gerooster onder die oondrooster en gekap – verkieslik ’n groot jalapeño
5 ml tamatiepasta
2 ml sout
varsgemaalde swartpeper
’n knypie gedroogde origanum
ongeveer 250 g van Fry’s se soja patties, gaar en in blokkies gesny
200 g feta, in blokkies gesny. Ordentlike feta, nie daai sout goed wat hulle ons dwing om in die supermarkte te koop nie
vars koljander

Verhit die olie en botter saam in ’n kastrol. Voeg die uie by en braai oor medium hitte tot die uie glaserig raak.
Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
Voeg die tamatie, sout, origanum, tamatiepasta, rissie, soja en ’n paar draaie swartpeper by. Meng goed.
Plaas die deksel op en laat dit so 20 minute kook, sodat die geure lekker kan trou.

Roer die kaas by, plaas die deksel terug en laat dit so twee minute staan, sodat die kaas effens kan smelt.

Bedien dit op rys, met die vars koljander bo-op.

No comments :

Post a Comment