1 skoongemaakte inkvis (calamari), in stukkies gesny
15 mℓ olyfolie
1 rooi soetrissie, in dun stafies gesny
1 wortel, in dun stafies gesny
4 murgpampoentjies, in dun stafies gesny
½ pynappel, in klein stukkies gesny
1 ui, in stukkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
2 mℓ Teriyaki-sous
5 mℓ vars gerasperde gemmer
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 rissie, ontpit en fyn opgesny
Braai alles saam in 10 ml olyfolie tot sag - alles behalwe die calamari.
Geur die calamari en braai dit oor hoë hitte in 5 ml olyfolie vir 2 minute. Gooi die res van die bestanddele by aan die einde, roer vinnig saam en bedien dadelik.
Moet die calamari nie te lank braai nie, anders raak dit rubberagtig.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment